Memories Logo
Log in
  • Memorial
  • Biography
  • Tributes
    Image
    Celebrating the life of

    Wilna Visser

    29 Apr 2028 - 16 Jul 2020

    Family and friends

    This page was created to help bring together and collate precious memories in a single place online.

    Join Memories to request access to contribute your cherished photos, videos, and stories to Wilna's memorial with others who loved them.

    Join Memories
    19 Dec 1950

    Estelle Haupt Troudag Die blommemeisie links is Este Deetlefs Worcester Moedergemeente

    1958

    Estelle Haupt Mamma was baie trots op haar Hugenote herkoms. Hier is sy en Estelle in die Paarl saam met haar Marais familie by Oupa Grootjie se 90 ste verjaarsdag

    1959

    Estelle Haupt Ouma Wilna en Estelle by die Nessie in Stilbaai Pinkie die foksie en Janina die pop is ook by. Soveel wonderlike vakansies daar belewe Later jare ook met die karavaan. Dit was die "beste" see.

    1963

    Estelle Haupt Langeberglaan Durbanville Mamma en die twee sussies Toe was ons almal nog Kapenaars

    18 Dec 1976

    Estelle Haupt Estelle en Johan se troudag

    1990

    Estelle Haupt Oupa Aj en Ouma Wilna met die Haupt kleinseuns

    2004

    Estelle Haupt Sunny Acres Bostonstraat

    10 Apr 2004

    Maretha Visser Ouma en oupa in hulle tuin in Bostonstraat saam 'n jong Riaan en Kobus 2004

    1 May 2004

    Maretha Visser Ouma en oupa saam met die kleinkinders in 2004

    2007

    Estelle Haupt Mamma was n bobaas tuinier.

    Kombuistee vir Sue-Rina by Oom Wilhelm se huis in Pretoria. Ouma het altyd gesê sy is so bly vir ‘n kleindogter en dat ek haar gunsteling kleindogter is (ook haar enigste). Intussen het Ouma nog twee kleindogters bygekry (Frieda en Chantelle) en hulle ook haar gunsteling gedoop. So tipies van Ouma wat elkeen opreg en sonder enige terughou lief geha...

    Sue-Rina HauptAug 2007
    1 Sep 2007

    Sue-Rina Haupt Ouma Wilna en Oupa AJ wat ons groot dag met ons deel! Pretoria se Botaniese Tuine. Ouma Wilna se orgidië was oraloor as blomme vir die geleentheid gebruik.

    2008

    Estelle Haupt Ouma Wilna en Gussie Moll Haar jarelange hartsvriendin

    Apr 2008

    Estelle Haupt Ouma se 80 ste verjaarsdag by Hastiestraat Oupa Aj ,Ouma Wilna, Estelle en Este Deetlefs , Ouma se niggie van Rawsonville in die Kaap

    Dec 2008

    Sue-Rina Haupt Kersfees op Roodehoek, Vrystaat. Ouma het altyd groot genot uit ander se vreugde geput.

    Dec 2008

    Sue-Rina Haupt Kersfees 2008 op Roodehoek, Vrystaat. Dis die Kersfees na ek en Johan ons eerste jaar getroud is en ek het besluit daar moet eenvoudig ‘n kalkoen gemaak word vir kersete. Natuurlik het Ouma Wilna nie terug gestaan vir hierdie idee nie en sommer vinnig al ons dames aan die werk gekry om al die voorbereidings te doen!

    2013

    Estelle Haupt Verjaarsdagnaweek in Limpopo

    29 Apr 2013

    Estelle Haupt Andre en Ouma eet sjokolade koek vir ontbyt

    22 Feb 2014

    Maretha Visser Ouma by Johan se 60e verjaardag op plot in Midrand.

    29 Apr 2014

    Andre Haupt Ouma se 86ste verjaarsdag by Dikhololo. Saam met Estelle en Maretha. Ouma was ongelooflik trots op die twee dogters van haar.

    29 Apr 2014

    Andre Haupt Ouma se 86ste verjaarsdag by Dikhololo. Saam met Andre en Riaan.

    Dec 2014

    Andre Haupt Ouma se hart was vol liefde en sy het so baie vir soveel mense beteken. Hier is net 'n handjievol van die mense wie se lewens sy geraak het.

    Dec 2015

    Andre Haupt Kersfees 2015. Nooit sal ons ouma se glimlag vergeet nie.

    29 Apr 2017

    Maretha Visser Ouma saam met Estelle en Maretha op Kobus en Frieda se troue 29 April 2017, op haar 89e verjaardag

    29 Apr 2017

    Andre Haupt Ouma saam met Andre op hul verjaarsdag by Kobus en Frieda se troue 29 April 2017

    10 May 2017

    Maretha Visser Ouma diep in gesprek met ouma Yvonne moedersdag 2017 by Ronel se huis

    Sep 2017

    Estelle Haupt Chantelle word aan Ouma voorgestel en hiermee hartlik in die familie verwelkom Yogi en Zoe is ook deel van die okasie

    24 Sep 2017

    Andre Haupt Ouma op Hauptfontein in September 2017, saam met Johan, Estian en Andre

    7 Oct 2017

    Maretha Visser Ouma en Kobus hou Markus vas die dag van sy geboorte. Markus is ouma se eerste agterkleinkind - 7 Oktober 2017

    4 Nov 2017

    Maretha Visser Ouma by Maretha en Wilhelm se troue saam met Kobus, Frieda en Riaan

    29 Apr 2018

    Maretha Visser Ouma word 90

    29 Apr 2018

    Andre Haupt Ouma se 90ste verjaarsdag

    29 Apr 2018

    Sue-Rina Haupt Ouma Wilna verjaar (90) en ons hou partytjie op Hauptfontein. Ouma saam met haar jarelange vriende -Gussie en MW Mol op links.

    Dec 2018

    Andre Haupt Ouma (90) op die vliegtuig van JHB na CPT vir Estian en Chantelle se troue. Niks sou vir Ouma keer om hierdie geleentheid by te woon nie.

    8 Dec 2018

    Estian Haupt Ouma by ons troue, wat 'n voorreg

    8 Dec 2018

    Maretha Visser Estian en Chantelle se troue Desember 2018 in Riebeeckkasteel. Ouma by die bruidegom en strooijonkers

    8 Dec 2018

    Estian Haupt

    8 Dec 2018

    Estelle Haupt Ouma by Estian en Chantelle se troue

    16 Dec 2018

    Maretha Visser Ouma kuier in die Kaap by Estelle Desember 2018

    Feb 2019

    Estelle Haupt Ouma, Estelle en Chantelle kuier om die kombuistafel Dinokeng

    24 Feb 2019

    Andre Haupt Johan (snr) se 65ste verjaarsdag by Dinokeng.

    28 Dec 2019

    Johan Haupt Johan en Estelle, Johan en Sue-Rina, Andre, Estian en Chantelle kuier heerlik saam met Ouma Wilna en kleine Elle-Nica op Hauptfontein. Ouma is reeds Groot Ouma maar Elle-Nica is haar eerste agterkleindogter. Die meisiekind het sommer ons almal anders se name kom verander!

    28 Dec 2019

    Johan Haupt Ouma Wilna kuier by ons op Hauptfontein kort na Elle-Nica se geboorte. Ouma sê wanneer Elle-Nica slaap dan groei sy - en het sy nie omtrent gegroei nie!

    28 Dec 2019

    Johan Haupt Ouma Wilna verwonder haar aan kleine Elle-Nica van Johan en Sue-Rina by Sunninghill Hospitaal. Eerste agterkleindogter.

    28 Dec 2019

    Johan Haupt Vier geslagte saam! Hoe wonderlik dat Ouma se jare lange gebede vir ons verhoor is! Sunninghill Hospitaal

    30 Dec 2019

    Johan Haupt Ouma Wilna en Elle-Nica gesels lang stories terwyl Sue-Rina 'n lekker koppie rooibos saam met die twee geniet. Oud en jonk droom saam drome oor eendag en hoe dit geniet gaan word om saam tuin te maak.

    30 Dec 2019

    Johan Haupt So saggies saggies maak Ouma Wilna vir Elle-Nica toe vir haar middagslapie. Hauptfontein

    Feb 2020

    Sue-Rina Haupt Enige gedagte aan Ouma Wilna is ingekleur met oorvloedige liefde. Van die eerste oomblik wat ek Ouma ontmoet het tot ons laaste saam was vol liefde. Sy het dit elke dag geleef en vir ons, haar klein kinders, gewys deur haar alledaagse doen en late. Haar oorvloedige sondagmiddagetes, haar liefde vir tuinmaak, haar belangstelling in jou as mens, haar gewerfskaf in die kombuis en vernuftige maniere van spaar en herwin en haar daaglikse gebede vir ons hartewense. Oorvloed en Liefde is waarvoor ek Ouma sal onthou.

    17 Jul 2020

    Sue-Rina Haupt

    21 Jul 2020

    Estelle Haupt Kersfees by Laurie Park

    22 Jul 2020

    Riaan Neethlinng

    22 Jul 2020

    Riaan Neethlinng

    22 Jul 2020

    Riaan Neethlinng

    22 Jul 2020

    Riaan Neethlinng

    26 Jul 2020

    Johan Haupt

    26 Jul 2020

    Johan Haupt Gedenkdiens vir Ouma NG Gemeente Overkruin